Die Samniete was 'n Italiese volk wat omtrent 400 v.C. in die berge van suid-Italie gewoon het. Van alle volke het hulle die Romeinse Republiek die meeste teenstand gebied toe die Romeine hulle mag oor die skiereiland uitgebrei het. Die Samniete is in drie oorloë tussen 343 en 290 v.C. onderwerp.[1]